Wat eet hoenders?
Voering en Hoender Tipes:
Wat hoenders eet, hang alles af van die tipe hoenders wat gevoer word en of jy le-hoenders of braai-hoenders aanhou. Met n’ goeie, ryk dieet sal kommersiele braai-hoenders hul ideale tafel gewig bereik tussen 4 en 7 weke. Op n’ kleiner plaas of in n’ agterplaas is dit meer prakties om haan kuikens en hen kuikens saam te voer, ongeag van hul finale destinasies. Hoe dit ook al sy, verwag dat sulke hane, wat gekweek word vir die pot, meer as twee keer langer sal neem as kommersiele voels om n’ ideale gewig te bereik vir die tafel. Le-hoenders benodig ook n’ protein en hoe kalsium dieet, hoofsaaklik vir eier produksie.
Nie le-ende pluimvee benodig baie minder kalsium. Let asseblief net baie wel dat te veel kalsium nier versaking kan veroorsaak in nie le-ende hoenders. Moenie slegte of gemufde voer aan die voels gee nie. Gebruik vars voer en moenie meer as n’ paar weke se voorraad aan koop op n’ slag nie. Indien moontlik, maak seker dat die hoenders vars groen plante verkry. Byvoorbeeld: gras, onkruid, groente, kruie, ens. Daaglikse toegang na vars groente en weiding moet verseker word.
Indien jy hoenders aanhou vir eiers: Vir n’ hoender om op n’ daaglikse basis eiers te lewer is n’ wonderwerk. Hulle benodig hope goeie nutrisie. Dit lei na swak eier produksie deur om na te laat om n’ goeie gebalanseerde dieet te verseker.
Die Voering van Hoenders in Laag Hokke met Kommersiele Voer:
Die maklikste manier is deur om n’ hoe kwaliteit voer aan te skaf, wat spesiaal geformuleer is vir le-hoenders. Hierdie voer bevat alles wat die le- hoenders benodig. Die mengsel bevat die korrekte balans van gruis, vitamienes en minerale. Laat die hoenders toe om daarvan te eet soos hulle wil. Kommersiele laag voer is beskikbaar in saad mengsels, pille of krummels. Gebruik pluimvee stort bakke, ten beste half vol en gelig tot die kop hoogte van die voel om vermorsing te keer. Verwag maar dat elke hen gemiddeld 114 gram, of n’ halwe koppie, kommersiel hoender voer per dag sal eet.
Ekstra Voer vir Le-hoenders:
Die kostes verbonde aan hoendervoer kan grootliks verminder word deur om goedkoper, plaaslik verboude graan te gebruik. Dit is ook goed om die graan vrye keuse te gebruik (ongeveer 50 gram per hen, per dag) in voerbakke of versprei op die grond in diep, skoon strooi of hout saagsels, om die hoenders aan te moedig om te skrop. Gebruik ook n’ hoer protein (20% – 22%) le-voer. Indien jy die hoenders met n’ volledige 16% protein le-voer voer, verlaag die graan voer met die helfte. Jy het nie oorgewig henne nodig nie.
Om te help met die verlaaging van die hoeveelheid kommersiele voer wat aangekoop word, kan melk (vars of soor), ou brood, tafel oorskiet en tuin afval gebruik word om die dieet aan te vul. Oorweeg plaaslike verskaffers vir hierdie hulpbronne, byvoorbeeld: restaurante, bakkerye, grassnyer snysels en vrugte en groente winkels.
Indien Jy Jou Eie Voer Meng:
-
Gruis is Goed vir Alle Hoenders
Hoenders eet gruis om die vertering van voedsel te vergemaklik aangesien hoenders nie tande het om die voedsel fyn te maal nie. Die gruis help om die sade en plant gewasse fyn te maal in hul kroppe. Gruis is beskikbaar in baie vorms waarvan die beste n’ fyn gruis of klein, skerp graniet flokkies en skerfies is.
- Kalsium vir Le-henne
Die formasie van eierdoppe benodig heelwat kalsium. Verskaf dit aan die hoenders, as n’ vrye keuse, in die vorm van kalsium gruis, gemaalde natuurlike kalksteen of oesterskulpe. Eierdoppe kan ook terug gehersirkuleer word aan die henne deur om eerste die oorblywende albumen af te was van die eierdoppe af (om bakteriese groei te verhoed), dit dan uit te droog en dan deur om dit fyn te maal, en weer aan die henne te voer.
- Die Aanmaking van Jou Eie Tuisgemaakte, Gemengde Voer
Kommersiele rantsoene kan sommige onwenslike industriele afval produkte, soos riool, brouers gis, sitrus papperny, sowel as medikasie soos antibiotika en koksidiostate bevat. So, wat eet die hoenders indien jy organiese hoenders aanhou, of indien jy n’ meer suiwer, varser en meer heilsame dieet soek vir jou hoenders?
Een opsie is tuisgemaakte, gemengde voer. Dit is egter nie heeltemal probleem vry nie. Ek het my eie berekeninge gedoen op die meng van my eie “volledige” hoender voer van aangekoopte bestandele, en behalwe vir die tyd en moeite verbonde daaraan om n’ gebalanseerde dieet te verseker, het ek gevind dat kommersiele voer die goedkoper opsie is. Jy kan net bloot eenvoudig nie met die groot voer vervaardigers kompeteer nie!
Tensy jy jou eie graan verbou, is dit nie so n’ groot probleem nie. Om dit reg te kry, moet jy die beste en mees koste effektiefste plaaslike hulpbronne van proteine en koolhidrate vind, en dit verskaf in balans met genoeg kalsium en gruis om jou hoenders se dieetkundige versorging te verseker (sien diagram bo).
Ideaal gesproke, wat eet hoenders indien hulle in laag hokke aangehou word? 16% – 17% van die dieet (volgens gewig) moet uit protein bestaan. Koring bevat slegs 12.5% protein. Hoe om die verskil op te maak? Deur om die graan (koring in die’ geval) te gee saam met n’ hoe protein voer.
-
Pasop Daarvoor om Hoenders Boontjies en Ander Peulgewasse te Voer
Graan peulgewasse, soos boontjies en ertjies, bevat tripsien inhibeerders wat die beskikbaarheid van proteine in die voer aansienlik verminder. Tripsien inhibeerders rig ook skade aan n’ hoender se prankeas wat kroniese siektes veroorsaak.
Om graan peulgewasse te gebruik, moet dit eers voorberei word om die tripsien inhibeerders dood te maak. Dit word gedoen deur die gebruik van hitte. Die ertjies of boontjies moet vir ten minste 15 minute lank teen n’ hitte graad van 82oC (180oF) of hoer gehou word. Die beste metode is:
- Week genoeg peulgewasse vir 2-3 dae se voering oornag in water.
- Bring die mengsel tot by kookpunt en laat dit prut vir 15 minute.
- Laat dit afkoel tot by kamer temperatuur en plaas dit daarna in die yskas.
- Voer dit direk aan die hoenders (in n’ opgehoopde tafel lepel met gekookte sojabone per hoender per dag).
- Probeer Gerus Hierdie Rantsoen as Proefstuk
(Gebruik parte teen gewig)
- 52 parte koring
- 24 parte gekookte lupine (wolfsboontjies) of sojabone
- 14 parte vleis meel
- 13 parte mielies
- 9,5 parte kalk sand (38% kalsium)
- 9,4 parte afgeroomde melkpoeier
- 4,7 parte sonneblom sade
- 0,4 parte gejodeerde sout
Wat Eet Hoenders vir Vitamienes en Minerale?
Belangrike vitamienes en minerale is verkrygbaar in die vorm van n’ kommersiele mengsel, of as gedroogde seebamboes. Moenie vergeet nie, hul kry ook vitamienes en minerale vanaf voedsame onkruid, kruie en groente vanaf jou tuin.
Kweking van Jou Eie Hoendervoer
Aangekoopte hoender voer van alle soorte is besig om al hoe skaarser te word as gevolg van stygende olie pryse en klimaatsverandering. Om organiese hoenders aan te hou, beteken dat jy organiese voer moet aanbou en kweek vir jou hoenders
- Koolhidrate
Diere benodig koolhidrate vir energie. Le-hoenders se diete moet uit ten minste 80% koolhidrate bestaan. Die mees gekonsebtreerde bronne van koolhidrate word in graan gewasse, soos koring, gort, rys, hawer en groente sade, waarna die voels toegang het indien daar met hulle geboer word saam met permakultuurse groente. Jy behoort hierdie gewasse self te kan aankweek. Probeer om n’ konstante voorraad ou brood te verkry vanaf n’ plaaslike bakker. Graan sal plaaslik aangekoop moet word. Henne wat nie kommersiele voer kry nie, benodig 50 gram – 100 gram graan op n’ daaglikse basis, afhangende van wat anderste beskikbaar is en afhanfende van die seisoen. Hoenders benodig meer voer tydens koue weersomstandighede.
- Proteine
- Erdwurms:
Hoenders is baie lief vir erdwurms. Erdwurms is n’ uitstekende bron van hoe graadse protein (28%), goeie vette en ander voedsaamhede. Dit is baie maklik om erdwurms te kultiveer, hulle sal meeste organiese materiale, soos perde mis, onkruid, hare, stofsuier stof, gebruikte tee sakkies, papier, aartappel skille, ensovoorts omvorm in n’ fantastiese hoender voer bestandeel. Onder ideale toestande, sal erdwurms baie vinnig voortplant. Gekultiveerd op perde mis, kan een vierkante meter tot 1,7 kg erdwurm protein n’ jaar lewer. Genoeg om die protein benodighede van 1 hen te oorskry. Jy kan jou erdwurms kultiveer in aparte wurm boerderye en hul dan vir die hoenders voer, of jy kan hul in die grond van n’ ontwerpte organiese groente tuin sisteem kultiveerr en die hoenders kan hulself dan help soos hulle dit benodig.
- Lusern:
Baie hoog in proteine en n’ baie goeie bron van vele vitamienes en minerale. Lusern is n’ meerjarige plant wat tot op 0,3 kg proteine per vierkante meter per jaar kan lewer indien dit baie goed bewater word. Jy kan dit opsny en by die hoendervoer voeg op n’ daaglikse basis.
- Endekroos of Paddaslyk:
Indien jy grys water het om te suiwer, dan is eendekroos of paddaslyk (Lemnaceae) n’ goeie opsie. Eendekroos is ook n’ wonderlike supplement aan organiese voel voer. Dit bevat hoe konsentrasies van spoor minerale, en hul proteine is baie ryk aan lisie, amino sure en metionien. Elke vierkante meter van water kan ongeveer 0,4 kg protein per jaar lewer.
- Smeerwortel:
Smeerwortel is n’ protein en mineraal ryk voedsel soort, en sal baie kommersiele konsentrate in n’ hoender se dieet kan vervang. 4-5 smeerwortel plante per hen kan baie van die hoender se protein en kalsium benodighede tegemoet kom. Ongelukkig groei smeerwortel nie in die winter nie. Aangesien dit nie so veselagtig is soos lusern nie, pas dit die vertering stelsel van n’ hoender uitstekend. Smeerwortel het, in gedroogde vorm, n’ protein inhoud van tussen 15%-30%. Smeerwortels, net soos voorbereide peulgewasse, is n’ uitstekende bron van protein. Dit is ook ryk aan vitamiene en minerale, veral kalsium, fosfor, potassium en yster. Dit bevat ook swael, magnesium, koper, sink, selenium en germanium.
- Kalsium
Kalsium is n’ moet. Gee dit aan die le-henne verkrummeld. Gebruik oester skulpe of inkvis bene. Sprinkel dit in klein hoeveelhede oor ander voere in die vorm van verbryselde kalksteen of kalksand. Baie voedsel soorte is ryk in kalsium en kan bygevoeg word by die hoenders se dieet. Baie groen blarige groentes soos spinasie, marog, kool en mosterd plant blare is uitstekend vir voedsaamheid, asook brouers gis, seebamboes, gekookte bone, hawer, melk, gekookte ertjies, sonneblom saad en sesamplant sade. Groente en kruie met n’ hoe kalsium inhoud, wat jy kan aanplant, sluit in perdeblomme of molslaai, mosterdplant blare, krulkool, muurkruid, kool, bronkors, pietersielie, meel piesangs, smeerwortel, framboosblare, lusern, rooi klawer, brandnetels, hermoeskruie of perdestert en cmomile. Baie van die bo-genoemde voedselsoorte kan vars of gedroog gevoer word en dit kan oor vars voer gesprinkel word. Vars bronkors is baie moedsaam met 4% kalsium, 3% protein, 1% fosfor en baie ander vitamienes en minerale.
- Gruis
Soos jy rond ry, kyk uit vir depositos van skerp graniet gruis of enige harde klip, en vergader n’ verskeidenheid van verskillende grofhede. Gee die fyner gruis aan jong kuikens en die growwer gruis aan volwasse voels. Die gruis is van groot hulp in die vertering stelsels van die hoenders.
- Minerale
Jou henne sal die meeste minerale verkry vanaf die kruie en groente, waarna hulle vrye toegang het, in jou organiese tuin. Indien jy jou hoenders in n’ hok aanhou, gee die hoenders seebamboes takke. Die seebamboes is n’ uitstekende bron van belangrike minerale. Indien jy langs die kus blyfagtig is, kollekteer die seebamboes vanaf die strand, en hang dit heel op in die hoenderhok vir die hoenders om te eet. Hulle saal daarvan eet soos hulle dit benodig.
n’ Baie goeie multi-mineraal en multi-vitamien vir alle mense en diere is:
- 1 part (per volume) Torula of Brouers gis poeier
- 1 part lestien korrels
- 1 part seebamboes poeier of korrels
Meng die bestandele saam en stoor dit in n’ lugdigte houer, in die yskas. Gee 1 gelyke teelepel vol per hen, twee keer n’ week, gemeng met die voer. Wat hoenders eet, hang alles af van die tipe hoenders wat gevoer word en of jy le-hoenders of braai-hoenders aanhou. Op n’ kleiner plaas of in n’ agterplaas is dit meer prakties om haan kuikens en hen kuikens saam te voer. Wat Organies Gekweekte Puimvee Gevoer Moet Word




